Ligbron-onnies spook sake in bokskryt uit
Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs gasheer vir 'n aksiebelaaide boksgeleentheid gespeel
Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs gasheer vir ‘n aksiebelaaide boksgeleentheid gespeel toe van die onderwysers en lede van die IRA High Performance.
Centre in die ring gestap het om hul vaardighede op die proef te stel.
Die onderwysers het vrywillig ingestem om deel te neem, en hulle voorbereiding was indrukwekkend. CJ du Toit en Zack Bosman, wat gereeld as deel van hul fiksheidsroetine by Lappies Labuschagne oefen, was twee van die deelnemers wat ses maande lank hard geoefen het om gereed te wees.
Ander het ekstra tyd in die gimnasium deurgebring om hulle fiksheid op standaard te kry.
GALERY – Ligbron onnies gaan van bordkryt na bokskryt
Die geleentheid is aangebied om geld vir die netbalfonds in te samel. Nikki le Roux, Carinché Pretorius en Gert Pretorius het die suksesvolle aand gereël. Pretorius het ook as die aankondiger opge-tree, terwyl Kobus Stander die skeidsregter was.
Die onafhanklike beoordelaars was Sihle Dube, Antonie Stander en Sas Sassenberg.
Ten spyte van die harde houe wat in die ring uitgeruil is, het die onderwysers goeie sportmangees en samewerking getoon, tot groot vermaak van die gehoor.
Sien al die uitslae in die Hoëvelder.



