Local newsNews

Bekende in bankwese sterf

Haar vriendelikheid en deernis met haar kliënte en kollegas was ’n kenmerk van haar loopbaan by die bank.

Me. Annatjie Oosthuizen (59), ’n bekende en beminde figuur in die bankwese op Ermelo, is Saterdag 8 Februarie ná ’n lang siekbed oorlede.

Sy was veral onder kliënte van Eerste Nasionale Bank bekend waar sy 37 jaar lank gewerk het.

Annatjie is in 2008 met kanker gediagnoseer en het sedertdien verkeie behandelings vir die siekte ontvang. Haar toestand het egter in Januarie versleg en sy is twee weke voor haar afsterwe in die Wilgers Hospitaal in Pretoria opgeneem.

Anna Oosthuizen (gebore Stapelberg) is op 11 Junie 1954 in Breyten gebore en het haar skoolopleiding by Laersskool Breyten begin. Sy was later ook ’n leerling van Laerskool JJ van der Merwe en Hoërskool Ermelo.

Sy het op 3 Januarie 1972 as kassiere by die destydse Barclays Bank begin werk en haar pad mettertyd opgewerk tot senior beampte in dieselfde bank.

Haar vriendelikheid en deernis met haar kliënte en kollegas was ’n kenmerk van haar loopbaan by die bank.

Annatjie word oorleef deur haar eggenoot, Oosie, met wie sy 37 jaar lank getroud was, drie seuns Hennie, Schalk en Marthinus asook haar moeder, ’n suster en skoonfamilie.

Die gesin het hul dank en waardering uitgespreek teenoor almal wat hulle in dié tyd bygestaan en bemoedig het.

“Elke oproep, boodskap, besoek en blyk van simpatie en bemoediging word opreg waardeer,” het Oosie gesê.

’n Roudiens vir Annatjie is Vrydag 14 Februarie in die NG Kerk Debruinpark gehou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button