School sport

Twee EHS-spanne wen Noordvaal-eindstryd

Hoërskool Ermelo se o. 14A- en o. 15A-rugbyspanne het die Virseker Noordvaalbeker se bowl-afdeling gewen.

Hoërskool Ermelo se o. 14A- en o. 15A-rugbyspanne het die Virseker Noordvaalbeker se bowl-afdeling gewen nadat albei spanne hul onderskeie eindstryde Saterdag by Hoërskool Centurion gewen het.

Die o. 14A-span het Midstream met 22-15 in die eindstryd geklop, terwyl die o. 15A-span met 15-12 teen Dinamika geseëvier het.

Die twee spanne het hul plekke in die eindstryde verseker ná sterk vertonings in die kwart- en halfeindstryde.

EHS se o. 15A-rugbyspan. Foto’s | Verskaf/EHS

Gedurende die kwarteindstryd het EHS se o. 14-span Jeugland 31-19 geklop en die o. 15A-span Bergsig 14-12.

In die halfeindronde het die o. 14A-span Bergsig met 24-0 verslaan, terwyl die o. 15A-span Potchefstroom Gimnasium met 14-8 geklop het.

Hoërskool Ermelo verseker so hul plek bo Potchefstroom Volkskool op die Bowl-log en skuif op na die skildafdeling van die Virseker Beker vir 2027.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button