Ermelo-stoeiers verower medaljes by Big-5-toernooi
Stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het op 8 Augustus aan die jaarlikse Johnnie Reitz Big-5-stoeitoernooi in Pretoria deelgeneem en verskeie medaljes ingepalm. Die toernooi, wat deur Stoei Gauteng-Noord aangebied word, is een van Suid-Afrika se grootste amateurstoeitoernooie en het by die Rembrandt-saal op die Tuks-sportkampus plaasgevind. Die Big-5-toernooi het ’n unieke medaljetradisie. Een van Afrika
Stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het op 8 Augustus aan die jaarlikse Johnnie Reitz Big-5-stoeitoernooi in Pretoria deelgeneem en verskeie medaljes ingepalm.
Die toernooi, wat deur Stoei Gauteng-Noord aangebied word, is een van Suid-Afrika se grootste amateurstoeitoernooie en het by die Rembrandt-saal op die Tuks-sportkampus plaasgevind.
Die Big-5-toernooi het ’n unieke medaljetradisie. Een van Afrika se Groot Vyf-diere word jaarliks op die agterkant van die medaljes uitgebeeld, met stoeiers wat daarna streef om met verloop van die jare ’n volledige stel medaljes met al vyf diere se afbeeldings te verwerf.
Vanjaar was die olifant aan die beurt.

Die Ermelo-stoeiers het soos volg presteer:
• Jevon Owen: Goud in o. 15 Presidente, silwer in o. 15 Grieks-Romeins en brons in o. 15-vrystyl
• Wian van Zyl: Goud in o. 11-vrystyl
• Luke Anderson: Brons in o. 11-vrystyl en Presidente
• Zack Fourie: Brons in o. 13 Grieks-Romeins
• Ruben Bisschoff: Brons in o. 10 Grieks-Romeins
• Llewellyn Strydom: Silwer in o. 10-vrystyl
• Hunter du Toit: Vierde plek in o. 7-vrystyl
• Danie Strydom: Goud in o. 8-vrystyl
• Ewan de Wet: Goud in o. 8-vrystyl
• Zion Leonard: Silwer in o. 9-vrystyl.



