Ermelo motorfietsryers presteer by Farm Jam
Motorfietsryers van Ermelo het onlangs aan die Farm Jam Hare Scramble by Marloo, Bronkhorstspruit, deelgeneem.
Motorfietsryers van Ermelo het op
8 Augustus aan die Farm Jam Hare Scramble by Marloo, Bronkhorstspruit, deelgeneem.
Sias van Niekerk van Laerskool JJ van der Merwe het die 65cc Junior-klas gewen nadat hy die vyf rondtes in ‘n totale tyd van 01:53:13 voltooi het.
Migael van Tonder, ook van Laerskool JJ van der Merwe, het derde in dieselfde klas geëindig met ‘n tyd van 02:03:31.
Van die ander plaaslike deelnemers het Gustav van Niekerk tweede in die 85cc Junior-klas geëindig, terwyl Johanco Dippenaar sesde plek in dié klas behaal het.
Willem Jacobsz het ‘n tweede plek in die 50 Pro-klas behaal, terwyl Janu van der Meulen die 53 Novice-klas gewen het.






