Ligbron stapel sportpunte op
Die Liggies het nie teruggestaan nie en met puik spel vier keer agter Standerton se doellyn gaan kuier.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby- en hokkiespanne het Saterdag teen Hoërskool Standerton te staan gekom in die tweede ligawedstryde van die seisoen.
Ligbron se Calstar Group eerste span het in ‘n spannende eerste helfte twee drieë gedruk waarvan een verdoel is. Hoërskool Standerton het egter met vier strafskoppe geslaag wat die rustyd telling op 12 elk te staan gebring het.
Kort ná die aanvang van die tweede helfte, het Standerton ‘n strafskop behaal en het hulle 15-12 voorgeloop.
Die Liggies het nie teruggestaan nie en met puik spel vier keer agter Standerton se doellyn gaan kuier. Drie van die drieë is verdoel wat die eindtelling op 38-15 in Ligbron se guns te staan gebring het.
Vir Ligbron het Message Nkosi (1), Hanru Botha (1), Edward Deacon (1) en Bernhard du Plessis (3) drieë gedruk.
Message Nkosi het drie drieë verdoel en Isaac Pedro een.
Ligbron het die dag op die rugbyveld oorheers met slegs twee spanne wat hul wedstryde verloor het.
Die tellings was: erde span wen 22-10, tweede span wen 54-12, 0/16A’s wen 39-0, 0/16B’s wen 61-0, 0/15A’s verloor 10-15, 0/15B’s verloor 14-29, die John Wright Veneers 0/14A’s wen 67-0 en die 0/14B’s wen ook 67-0.
Die Liggies se hokkiespanne het vir aanskoulike hokkie gesorg met goeie, ondernemende spel wat tot goed uitgewerkte doele gelei het.
Slegs een span kon nie daarin slaag om sy wedstryd te wen nie. Die tellings was: eerste span wen 4-1 , tweede span wen 3-1, 0/16A’s wen 3-2, 0/15A’s wen 4-0 en die jong 0/14A’s verloor 0-3.
Ligbron en Hoërskool Ermelo se wintersportspanne kom Saterdag (môre) op EHS se velde teen mekaar te staan.
For free breaking and community news, visit our websites:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
Like our Facebook page and follow us on Twitter.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.