Local newsNews

Diere verwissel van eienaars

Volgens mnr. Wessel Meyer, bestuurder van Vleissentraal Ermelo, is die opkoms by die veilings altyd goed en haal die diere goeie pryse.

’n Besoek aan die veilingskraal het gewys hoe vinnig ’n afslaer kan praat en terselfdertyd diere van eienaar kan laat verwissel.

Sommige boere sit met ’n ernstige gesig en hou die afslaer fyn dop en lig so nou en dan die hand om te bie.

Volgens mnr. Wessel Meyer, bestuurder van Vleissentraal Ermelo, is die opkoms by die veilings altyd goed en haal die diere goeie pryse.

Die aantal opkomende boere het oor die jare gegroei en boere kom vanaf Lothair, Amsterdam en ander omliggende dorpe om Ermelo se veiling by te woon.

Volgens ’n boer haal die koeie so gemiddeld R10 000 en die slagbulle sowat R15 000.

Sowat 130 verkopers woon gemiddeld die veiling by en skape, beeste, bokke en varke word op die veilingsperseel verkoop.

Volgens mnr. Meyer word sowat 99 persent van die beeste dadelik geslag en die res word vir sowat 120 dae gevoer voordat hulle geslag word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button