Hervormde Moedergemeente hou Kerssangdiens
André Venter, wat lid was van Romanz, sal as solis optree en gaan ook verskeie liedere saam met die gemeente sing.

Die Hervormde-gemeente Ermelo hou weer Kerssangdiens.
Dié diens wat deur baie mense in en om die dorp bygewoon word en tradisioneel op die tweede Sondag van November plaasvind, het baie navrae tot gevolg gehad.
Vir redes buite die gemeente se beheer, moes die erediens vanjaar ’n week uitgestel word en sal op 19 November om 6.30nm plaasvind.
Volgens die leraar, dr. Piet van Zyl, beloof dit om soos altyd ’n sielsverrykende erediens in die vorm van Woord en lied wees.
Dié jaar sal twee kunstenaars help om dit ’n onvergeetlike erediens te maak.
André Venter, wat lid was van Romanz, sal as solis optree en gaan ook verskeie liedere saam met die gemeente sing.
Die tweede kunstenaar is die wêreldbekende klokkespeler, Gottfried Schiele, wat mense na hulle asems gaan laat snak.
Die gemeente se orrelis, Engela Franken, sal die sang begelei.
Die diens sal in die kerkgebou by die McDonald- en De Jagerstraatkruising (agter die Spur) gehou word en almal is welkom.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



