Tannie Lida is ’n bloedjong 90
Sy het twee dogters, Ria en Hannelie, en volgens Ria is haar ma ’n dierbare mens en van goed aanmekaargesit.

Tannie Lida Veldman, ’n inwoner van die SAVF-tehuis, het verlede Vrydag haar 90ste verjaarsdag gevier.
Sy is op 24 November 1927 as ’n nooi de Beer op Standerton gebore.
Haar volwasse lewe het sy in Piet Retief deurgebring waar haar man, Tol, vir jare burgemeester was.
Hulle het sowat sewe jaar gelede na die Ermelo SAVF-tehuis verhuis en Oom Tol het haar sowat vier jaar gelede ontval.
Sy het twee dogters, Ria en Hannelie, en volgens Ria is haar ma ’n dierbare mens en van goed aanmekaargesit.
Dié besondere geleenheid is met koeke en tee gevier en haar dogter, Hannelie, het van Vryburg afgekom om dit by te woon.
Volgens die personeel van die tehuis is tannie Lida ’n geliefde inwoner.
Tanie Lida het gesê dat sy dankbaar is dat sy nog met sulk goeie gesondheid geseën is en dat haar verstand nog so helder is.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



