Local newsNews

Afriforum besig in provinsie

Hulle poog tans om strukture te skep en versterk wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase.

AfriForum se takke in Mpumalanga het op Dinsdag, 21 November memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié provinsie oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.

Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig: Barberton, Bethal, Davel, Delmas, Ermelo, Hendrina, Leandra, Machadodorp, Middelburg, Morgenzon, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Sundra, Trichardt en Witrivier.

Al die polisiestasies het die memorandums positief ontvang.

“Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg jaarliks en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word.

“Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” het mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga, gesê.

Hulle poog tans om strukture te skep en versterk wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase.

Om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit, SMS “Buurtwag” na 45350 en maak ’n verskil in jou gemeenskap.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button