Ermelo se reënval die afgelope jaar (2017) was bogemiddeld
Dit is ook ’n rekord vir dié maand sedert 1942 toe daar op die navorsingstasie Nooitgedacht met die aanteken van reënval begin is.

Ermelo se reënval die afgelope jaar (2017) is heelwat bo die jaarlikse gemiddeld van 800mm.
By die SAVF-huis is 871,9mm aangeteken en Februarie met 218mm was die natste maand.
Dit is ook ’n rekord vir dié maand sedert 1942 toe daar op die navorsingstasie Nooitgedacht met die aanteken van reënval begin is.
Junie en Julie was reënlose maande terwyl reën in Augustus en September minimaal was.
Die maandelikse syfers in millimeter is: Januarie 118,25; Februarie 218; Maart 18,5; April 68,25; Mei 39; Junie en Julie geen neerslag; Augustus 4; September 4,5; Oktober 79,25; November 146,75 en Desember 175,25. (CK)
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



