Local newsNews

Hoërskool Ermelo leerders red lewens deur bloed te skenk

Die bloedbank sal op 3 Februarie by Create Crazy wees en het almal in die gemeenskap genooi om bloed te kom skenk.

Die bloedbank het Hoërskool Ermelo Maandag besoek om die kinders ’n geleentheid te gee om bloed te skenk.

Na die Hoëvelder se navraag oor voornemende skenkers, is die volgende inligting gegee:

• Skenkers kan so dikwels as elke agt weke skenk.

• Enige persoon tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar, wat bo 50kg weeg met ’n gesonde leefstyl, kan skenk.

• Elke eenheid van bloed kan tot drie lewens spaar omdat bloed in rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies geskei word.

• Minder as 5% van die bloed word as bloed gebruik.

• Bloedplaatjies kan gebruik word vir ’n kankerpasiënt, die plasma vir stollingsfaktore in ’n traumapasiënt en rooibloedselle vervang in pasiënte wat chirurgie nodig gehad of komplikasies tydens ’n bevalling gehad het.

Die bloedbank sal op 3 Februarie by Create Crazy wees en het almal in die gemeenskap genooi om bloed te kom skenk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button