Ermelo Tuinbouklub vier halfeeu
Me. Lettie Bürhmann het vir baie jare op die bestuur van die tuinbouklub gedien en het onlangs haar 80ste verjaarsdag gevier.
Ermelo Tuinbouklub het op 17 Mei hul 50ste verjaarsdag op die verhoog van die EHS se ouditorium gevier.
Die gaste het luister aan dié geleentheid gegee deur almal hoede te dra.
Moedersdag is ook gevier en Elna Schoeman en Pieter en Judy Smith het met sang en woord die vroue op ’n reis van vrou- en ma-wees geneem.
Me. Lettie Bürhmann wat vir baie jare op die bestuur van die tuinbouklub gedien het, het onlangs haar 80ste verjaarsdag gevier en me. Elmarie Celliers, huidige voorsitter, het van dié geleentheid gebruik gemaak om haar geluk te wens met die mylpaal en ’n lied is ook aan haar opgedra.
Me. Celliers het ook die vroue van Ermelo genooi om by die klub betrokke te raak en meer oor tuinmaak en vele ander onderwerpe te leer.
Die byeenkoms is afgesluit met versnapinge vanaf Tuiskoop en die gaste het oor ’n koppie tee saamgekuier.
Lees ook: Sit ’n veer in jou hoed en kom vier die Ermelo Tuinbouklub se 50ste verjaarsdag



