Local newsSchool sport

Erries behaal goeie plekke in NWU Top 30

Kryn Romijn het ’n tweede plek in die 400 m-seuns o. 16 behaal, terwyl Tyrone Berning in die seuns o. 17 ’n tweede plek in die 400 m-hekkies en ’n eerste in hoogspring behaal het.

Tien atlete van Hoërskool Ermelo het op 20 en 21 Oktober aan die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms deelgeneem.

In die dogters o. 14 het Janeske Janse van Rensburg ’n sesde plek in die 800 m behaal, Aletha Kloppers het 18de in die 3000 m geëindig, Quinet Swart het 41ste in die 3 000 m-hekkies en 47ste in die 90 m-hekkies geëindig.

Mnqobi Mabuza, seuns o. 14, het ’n 13de plek in die 3 000 m ontvang.

Kryn Romijn. Foto | EHS

Marlioné Erasmus eindig 19de in die 200 m en 13de in die 100 m vir dogters o. 15. Elizca Lotz behaal ’n 15de plek in 300 m-hekkies en 27ste in die 400 m in dié ouderdomsgroep.

In die dogters o. 16-afdeling het Esmari Kloppers 19de in die 3 000 m geëindig.

Kryn Romijn het ’n tweede plek in die 400 m-seuns o. 16 behaal.

Tyrone Berning. Foto | EHS

Tyrone Berning neem aan die seuns o. 17 deel en behaal ’n tweede plek in die 400 m-hekkies en ’n eerste in hoogspring.

Bongmusa Vilakazi het vierde in die 3 000 m vir seuns o. 19 geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button