Local news

Gebedsversoek vir vierjarige Ermeloër na ongeluk – dokters vrees breinskade

Die gesin vra vir gebed vir totale genesing van die brein, stabilisering van die lewer.

ERMELO – Die gemeenskap word versoek om saam te staan en te bid vir die vierjarige Roané Griffin, wie se steeds in die gespesialiseerde pediatriese trauma-eenheid by Netcare Alberton veg.

Haar ma, Douwlene, het vanoggend, 4 Desember, gedeel dat die mediese span bevestig het dat daar moontlike breinskade is.

Roané se ogies reageer nie, en daar is min spontane beweging.

Die dokters het ‘n MRI geskeduleer om die volle omvang van die skade te bepaal.

“Ons is egter vol hoop en geloof! Ons glo dat geen wonderwerk by God onmoontlik is nie. Sy is so lief vir speel, lag, hardloop en sing. Ons smeek en spreek lewe oor haar brein,” het haar ma gesê.

Mediese toestand bly kritiek

Hoewel daar ‘n klein deurbraak was, bly haar algehele toestand kritiek.

  • Op 2 Desember is Roané van die ventilator afgehaal en haal nou self en baie mooi asem. Haar saturasiemeting is uitstekend.
  • Sy is tans baie deurmekaar en ervaar erge onttrekking van die medikasie.
  • Haar lewerfunksie bly ook ’n bekommernis. Sy absorbeer geen voeding nie, braak, en ervaar maagspoeling. Die lewer-spesialis is bekommerd omdat die lewermerkers vreeslik hoog is en die swelling, wat van die ongeluk dateer, nie verbeter nie, selfs ná meer as twee weke se behandeling.

Die gesin doen ’n beroep op die gemeenskap – “Val op julle knieë en roep God aan asseblief!”

Hulle vra vir gebed vir totale genesing van die brein, stabilisering van die lewer.

Duney, Douwlene en Roané Griffin. Foto | Verskaf

SIEN OOK: VIDEO – Klasmaatjies en ouers bid vir Roané en haar gesin

Geldinsameling gehou vir Roané

Ermelo-gemeenskap het op 21 November hul harte oopgemaak en alle verwagtinge oortref deur meer as 1 300 bakkies Kerrie en Rys te verkoop om Roané Griffin (4) se gesin te ondersteun.

Om die gesin met die enorme finansiële en logistieke kostes wat die beproewing meebring te help, is ’n trustfonds by Pas Prokureurs, wat hul dienste gratis bied, geopen.

’n Bewysbrief van dié firma bevestig dat ’n trustfonds vir Roané Griffin op 17 November geopen is om haar mediese behandeling en noodsaaklike uitgawes te help dek.

Die besonderhede vir enigiemand wat donasies wil gee, is soos volg: Rekeningnaam: Pieter Stoffberg Inc Trust Bank: FNB Ermelo Rekeningtipe: Trustrekening Takkode: 270344 Rekeningnommer: 62092150326 Verwysing: ROA7/1.

Alle donasies word in ’n geregistreerde trustrekening gehou, deursigtig deur PAS Prokureurs bestuur en sal slegs vir Roané se mediese behandeling en verwante uitgawes gebruik word.

Roané Griffin in die hospitaal waar sy vir verskeie besering behandel word. Foto | Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button