Local news

Haweloosheid in Ermelo onder kollig ná treinwaarneming

’n Voorval in Borderstraat herinner inwoners aan die uitdagings waarmee hawelose mense daagliks worstel.

ERMELO – ’n Besorgde inwoner het onlangs gesien hoe ’n man uit die ou trein in Borderstraat klim, wat kommer laat ontstaan het dat hy moontlik daar woon.

Volgens inligting is die man reeds by meer as een geleentheid by die trein opgemerk en is hy glo gesien waar hy hout bymekaarmaak, vermoedelik om hom gedurende die winter warm te hou.

Die voorval volg minder as ’n week nadat die liggaam van ’n man, wat volgens die polisie moontlik haweloos was, langs die Oak Sentrum gevind is.
Die omstandighede rondom sy dood word steeds ondersoek, terwyl pogings voortduur om sy identiteit vas te stel.

Oubaas de Jager van ACSU Securiteitdienste sê haweloosheid bly ’n groot uitdaging in Ermelo.

“Haweloosheid is ’n groot probleem op die dorp. Ons het onlangs ’n hawelose man wat aangerand is by ons kantoor gekry. Mense moet meer bedagsaam en simpatiek wees teenoor diegene wat minder bevoorreg is. Ons noem onsself Christene, maar ons staan nie altyd stil by die nood en omstandighede van hierdie mense nie.”

Die onlangse voorval in Borderstraat dien as nóg ’n herinnering aan die moeilike omstandighede waarin mense sonder veilige skuiling hulself bevind, veral gedurende die winter wanneer temperature snags skerp daal.

Lees meer oor die man by Oak Sentrum se toestand voor sy dood, ACSU se betrokkenheid en die polisie se pogings om sy identiteit vas te stel in vandeesweek se gedrukte uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button