EHS-sewes spog met twee Plaat-trofees
Hoërskool Ermelo se o. 15- en o. 17-sewesrugbyspanne het onlangs albei die Plaatafdeling van die Mpumalanga-sewestoernooi gewen.

Hoërskool Ermelo se o. 15- en o. 17-sewesrugbyspanne het onlangs albei die Plaatafdeling van die Mpumalanga-sewestoernooi gewen.
Die o. 17-span het die eertse dag met ’n oorwinning van 21-14 oor Hoërskool Secunda begin, voordat hulle met 0-35 teen Hoërskool Middelburg verloor het.
EHS het met 14-22 teen MTS Middelburg verloor en daarna met 12-19 teen die Mpumalanga Barbarians verloor.
Die span het vierde in Groep B geëindig.
In die Plaat-trofees se halfeindstryd het EHS teruggeveg met ’n 35-31-oorwinning oor Ligbron.
Die span het die Plaat-eindstryd met 36-14 teen Secunda gewen om die trofee te beklink.

Die o. 15-span het ook in die Mpumalanga-kampioenskap meegeding.
Op die eerste dag het EHS met 12-24 teen Middelburg verloor en daarna ook met 17-24 teen Secunda verloor.
Die span het op die tweede dag sterker teruggekeer met ’n 22-17-oorwinning oor Ligbron, gevolg deur ’n 33-0-oorwinning oor die Mpumalanga Barbarians.
In die Plaat-halfeindstryd het EHS met 28-19 teen Hoogenhout geseëvier.
EHS het Ligbron in die eindstryd met 41-12 geklop om die Plaat-trofee in die Afdeling A-eindstryd te wen.




