Brand wen 100km fietsresies
SECUNDA – Brand du Plessis het eerste oor die wenstreep van die 100km-fietsrywedren wat deur MegChem Fietsryklub aangebied is, gejaag. Dié resies het op Saterdag, 26 Oktober plaasgevind en fietsryers het vanaf Hoërskool Secunda weggespring. Fietsryers kon kies om 100km, 54km of 20km te ry. Sy tyd was 2:33 en Joseph van Zyl het tweede …

SECUNDA – Brand du Plessis het eerste oor die wenstreep van die 100km-fietsrywedren wat deur MegChem Fietsryklub aangebied is, gejaag.
Dié resies het op Saterdag, 26 Oktober plaasgevind en fietsryers het vanaf Hoërskool Secunda weggespring.
Fietsryers kon kies om 100km, 54km of 20km te ry.
Sy tyd was 2:33 en Joseph van Zyl het tweede geëindig met ’n tyd van 2:35.
Richard Swanepoel was derde en sy tyd was 2:35 en Jaco van Vuuren was vierde met ’n tyd van 2:38.
Gert Lombard het vyfde geëindig met ’n tyd van 2:39 en Hendré Knoetze sesde met ’n tyd van 2:39.
Lynette Jones was algeheel 30ste in die 100km wedren en eerste onder die vroue.
Haar tyd was 3:12 en Marika Knoetze het tweede geëindig met ’n tyd van 3:21.
Paulina Swanepoel was die derde vrou oor die wenstreep met ’n tyd van 4:09.
Gerhard en Charlien Koekemoer het die tandemafdeling met ’n tyd van 3:27 gewen.
Jacques Theron het die 54km resies gewen en sy tyd was 1:34.
Pieter de Necker was tweede met ’n tyd van 1:34 en Johan Stofberg was derde met ’n tyd van 1:37.
André van den Berg en Susan Dannler het algeheel vierde geëindig met ’n tyd van 1:37.
Hulle was die eerste tandemfiets oor die wenstreep.
Hannes du Plessis was vyfde met ’n tyd van 1:41 en Nico Nel was sesde met ’n tyd van 1:42.
Esteé-Mari was die eerste vrou wat oor die wenstreep gejaag het met ’n tyd van 1:37.
Natasja Harmse was die tweede vrou met ’n tyd van 1:47 en Nadine Pretorius was die derde vrou met ’n tyd van 1:56.
In die 20km wedren het Hendrik Curry eerste oor die wenstreep gejaag met ’n tyd van 41 min 13 sek.
Ilke Botes was algeheel tweede en die eerste vrou met ’n tyd van 49 min 34 sek.
Elza Botes was derde met ’n tyd van 49 min 34 sek en Jeandré Moolman vierde met ’n tyd van 40 min 25 sek.
Annemi Homan was vyfde met ’n tyd van 50 min 51 sek en Leatitia Blom was sesde met ’n tyd van 51 min 23 sek.