Netbalspanne meet kragte
SECUNDA – Netbalspelers van verskeie spanne het verlede week tydens die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi kragte gemeet. Die Fun Girls- en die Mix & Match-span het mekaar Maandag, 21 Oktober die stryd aangesê. Die Fun Girls het dié wedstryd gewen en het 61 punte aangeteken. Die Cautions en die Stingers 2 het Woensdag, 23 …

SECUNDA – Netbalspelers van verskeie spanne het verlede week tydens die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi kragte gemeet.
Die Fun Girls- en die Mix & Match-span het mekaar Maandag, 21 Oktober die stryd aangesê.
Die Fun Girls het dié wedstryd gewen en het 61 punte aangeteken.
Die Cautions en die Stingers 2 het Woensdag, 23 Oktober teen mekaar gespeel en die Cautions het gewen en 53 punte aangeteken.
Daarna was die Puss & Boots-span en die Pofmuise aan die beurt en die Puss & Boots-span het gewen en 50 punte gekry.
Die Silent Assassins en die Stingers 2 het Vrydag, 25 Oktober kragte gemeet en die Silent Assassins het gewen en 69 punte aangeteken.
Die liga duur vanweesweek voort en Woensdagaand speel die Fear This-span teen die Mix & Match-span, die Stingers 2 teen die Underdogs en die Fun Girls teen die Pofmuise.
Die spanne wat Vrydag, 1 November gaan meeding, is die Mix & Match-span teen die Silent Assassins en die Cautions teen die Underdogs.
Toeskouers is welkom om te kom kyk.
Vir meer inligting, skakel Adelle Grové by 072 262 4634.