Local sportSport

Netbalklub vereer spelers

Spelers het op 26 Oktober pryse vir verskeie prestasies ontvang.

BETHAL – Die Bethal Stingers Netbalklub het op 26 Oktober hul jaareindfunksie gehou.

Die volgende spelers het tydens dié geleentheid pryse ontvang:

* Gisela van der Merwe – eerstespan Aanvaller van die Jaar.

* Natasha Lindeque – eerstespan Verdediger van die Jaar.

* Melissa Venter – eerstespan Speler van die Jaar.

* Louise Engelbrecht – tweedespan Aanvaller van die Jaar.

* Cathy Erasmus – tweedespan Verdediger van die Jaar.

* Christelle Enslin – tweedespan Speler van die Jaar.

* Riaan Jonker – Mansaanvaller van die Jaar.

* Hanro Nagel – Mansverdediger van die Jaar.

* Riaan Jonker – Algehele Speler van die Jaar.

“Ons was geseën met ’n lekker jaar van netbal al is ons steeds met die binnenshuise netballiga op Secunda besig, maar wel gedaan aan almal wat pryse ontvang het,” het me. Alicia Nagel van die klub, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button