Local sportSport
Klubwedstryd lok min gholfspelers
n Teleurstellende aantal spelers het Saterdag aan die Medal-wedstryd by die Ermelo Gholfbaan deelgeneem. Deon Arnoldi het die A-afdeling gewen, terwyl David Mashinini wenner in die B-afdeling was. Jake Oosthuizen, ’n junior speler, het die C-afdeling gewen. Alle gholfspelers word daaraan herinner dat die gewilde Pienkbal-gholfdag wat deur die Hervormde Kerk Ermelo-Suid aangebied word môre, …

n Teleurstellende aantal spelers het Saterdag aan die Medal-wedstryd by die Ermelo Gholfbaan deelgeneem.
Deon Arnoldi het die A-afdeling gewen, terwyl David Mashinini wenner in die B-afdeling was. Jake Oosthuizen, ’n junior speler, het die C-afdeling gewen.
Alle gholfspelers word daaraan herinner dat die gewilde Pienkbal-gholfdag wat deur die Hervormde Kerk Ermelo-Suid aangebied word môre, Saterdag 16 November, sal plaasvind.
Die ewe gewilde Dick Putter-gholfdag ten bate van kankerpasiënte op Ermelo vind volgende Saterdag, 23 November plaas. Die gholfklub is dringend op soek na borge vir die laasgenoemde wedstryd.
Skakel Japie Koegelenberg by 017 811 2550 vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.