Local sportSport

Pienk bal weer gewild

Die kompetisie het soos altyd in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind en baie spelers het moeite gedoen om te wys wie saam in ’n span is.

Die Hervormde Kerk-Suid se jaarlikse pienkbal-gholfdag het Saterdag nie minder nie as 150 spelers gelok.

Die kompetisie het soos altyd in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind en baie spelers het moeite gedoen om te wys wie saam in ’n span is.

Ignus van Rooyen en sy span het die prys vir die netjieste span op die baan gewen.

Franco de Lange het die Hoëvelder se prys vir die jongste speler op die baan gewen.

Die IPS-kompetisie is deur Neil Matthesson met 43 punte gewen en die vierbal van Gawie Vermaak, André Burger, Stoffel Mulder en Johan Calitz met 42 punte was die pienkbalkompetisie-wenners.

Dié vier manne is tydens die prysuitdeling verras met pienk baadjies.

Die wenner van die Chris Schneider-teenwoordigheidsprys van R2 000 was nie teenwoordig tydens die trekking nie en het haar prys verbeur.

Kobus Meintjes was die gelukkige wenner van die R1000-trekking.

’n Vierbal van Swaziland wat verlede Donderdag Ermelo besoek het, het die pienk bal in die klubhuis sien hang, navraag gedoen en Saterdag teruggekom om aan die kompetisie deel te neem.

Die Dick Putter-gholfdag (Pink Cansa day) ten bate van kankerpasiënte op Ermelo vind Saterdag plaas.

Mense wat bereid is om te borg, kan Japie Koegelenberg by 017 811 2550 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button