Local sportSport

Manie wen Kansa se Pienkdag

’n Aansienlike bedrag geld is ná afloop van die die dag se spel aan Kansa geskenk.

Die gewilde Dick Putter en Kansa Pienkdag IPS-gholfkompetisie is Saterdag op die Ermelo Gholfbaan beslis.

Die wenner was Manie Potgieter met 43 punte met Hans de Wet in die tweede plek op 42 punte.

Thinus Vorster was derde op 40 punte en Chris Landman en Joof Otto, albei op 40 punte, is onderskeidelik vierde en vyfde geplaas ná ’n uittel.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Anton Botha (vierde putjie), J. Levendahl (sesde putjie), Gerhard von Wielligh (14de putjie) en Deon van Zyl

(16de putjie).

’n Aansienlike bedrag geld is ná afloop van die die dag se spel aan Kansa geskenk. Die bestuur van Ermelo Gholfklub het hulle dank en waardering uitgespreek teenoor die borge en spelers wat hule ondersteun het.

Eerskomende Saterdag vind ’n Combined Stableford Kerskompetisie plaas ten bate van die plaaslike kinderhuis.

Kompetisiegeld beloop R50 per speler wat as donasie aan die kinderhuis oorhandig sal word. Die geld sal gebruik word om geskenke vir die kinders te koop. Geskenke kan ook Saterdag na die gholfbaan gebring word.

Alle gholfspelers word gevra om dié verdienstelike saak te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button