
Drie stoeiers wat hul vernuf op Ermelo geleer het, Zumike en Zander Geringer en Gerald Meyer, is in die nasionale stoeispan opgeneem wat aan die Statebond Kampioenskappe gaan deelneem wat eerskomend naweek op Kemptonpark plaasvind.
Al drie stoeiers is tans lede van Tuks se stoeiklub. Zumike is vir die SA vrouespan gekies en sal Vandag (Vrydag) in aksie wees.
Zander is in die Grieks-Romeinse span opgeneem wat Saterdag in aksie sal wees en Gerald het Donderdag in die Vrystyl-afdeling deelgeneem. Zumike en Zander se ma, Wilna, sal die Geringer-gesin se naam hoog hou aangesien sy as administratiewe beampte by die kampioenskappe diens sal doen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.