Toeskouers geniet Xtreme-motorpret
Van die beste 4x4-deelnemers in die land het in verskillende klasse deelgeneem.

Ermelo EXE Xtreme Motorsportklub het weer vir baie opwinding gesorg toe die laaste 4×4-byeenkoms van die jaar Saterdag op die EXE-baan buite Ermelo aangebied is.
Van die beste 4×4-deelnemers in die land het in verskillende klasse deelgeneem en hul vernuf om die uitdagende hindernisse op die baan te bemeester, is tot die uiterste getoets. Dié soort motorsport raak al hoe meer gewild onder toeskouers wat baie naby aan die motors kan staan terwyl die bestuurders die hindernisse trotseer.
Saterdag se uitslae is soos volg:
Supermodified klas: Eerste – Willie Bester (Gauteng), tweede – Johan Strauss Ermelo) en Stefan Pretorius (Ermelo)- derde. Modifieds: Eerste – Rory Flett (KZN), tweede – Corrie Hudson (Gauteng) en derde – Michael Hudson (Gauteng). Locker Class: Eerste – Arno Drenth, tweede. – Roelof Kruger en derde – Shaun Kruger (almal van Gauteng). Standaardklas: Eerste Johan Becker (Gauteng), tweede – Jack Nel (Middelburg) en derde – Andries Venter (Ermelo).
Die organiseerders bedank die volgende borge vir hul ondersteuning: 24 Motors, Rothman Motors, Hardie Bande, Spitronics, Aeon Hire en Signs to See.