Local sportSport

gholfspelers skarrel in hewige reënbui

Al drie pare het op 44 punte geëindig en die posisies is op ’n uittel bepaal.

’n Hewige reënbui wat Saterdag laatmiddag uitgesak het, het gesorg dat sommige spelers wat aan die Ermelo Gholfklub Beterbal-klubkompetisie deelgeneem het, ’n vroeë stort gekry het.

52 spelers het aan die kompetisie deelgeneem wat ook ’n ligawedstryd teen Bethal-gholfklub ingesluit het.

Die besoekende Bethal-span het die wedstryd 4-2 ingepalm.

Die beterbalklubwedstryd is gewen deur André Burger en Gawie Vermaak met Herman Swart en Eric Trouw in die tweede plek. Koos Badenhorst en Phillip Roux was derde.

Al drie pare het op 44 punte geëindig en die posisies is op ’n uittel bepaal.

Koos Badenhorst het ’n spogtwee op die vierde putjie behaal.

Die Ermelo-vrouespan het die liga-seisoen goed begin met twee oorwinnings oor Graceland van Secunda.

Die vrouespan was ook die wenners van die FAMASU-trofee wat verlede jaar gespeel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button