Local sportSport

Ermeloërs durf Midmar aan

Marietjie Greyling het vanjaar ’n besonderse prestasie behaal toe sy op 67-jarige ouderdom haar 10de Midmarmyl voltooi

Verskeie swemmers van Ermelo het die onlangse Midmarmyl-swem-kompetisie in KwaZulu-Natal aangedurf en suksesvol voltooi.

Dié swemkompetisie by die Midmar-dam naby Howick in die Natalse midde-lande lok jaarliks duisende swemmers van regoor die land en self oorsee.

Marietjie Greyling het vanjaar ’n besonderse prestasie behaal toe sy op 67-jarige ouderdom haar 10de Midmarmyl voltooi

het.

Sy is vergesel deur haar skoondogter Marna wat die afstand ook suksesvol afgelê het.

Sover bekend het die volgende swemmers van Ermelo ook vanjaar se Midmar voltooi: Liana de Jager, Lisa Main, Niel Prinsloo, Pieter Stoffberg, Christiaan Stoffberg, Theunis Stoffberg, Van Wyk Barnard, Iain Gilbert, Gordon Gilbert, Kenneth Gilbert and Lisa Gilbert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button