Local sportSport

Rolballiga vorder fluks

Verlede week het spanne van sakeondernemings weer teen mekaar te staan gekom in die tweede rondte van die rolbalbesigheidsliga. Dinsdagaand was die span van Fitment Centre weer die beste op die baan nadat hulle met 23 – 8 met die span van Nashua Highveld afgereken het. Hulle loop ook steeds voor in die Dinsdaggroep met …

Verlede week het spanne van sakeondernemings weer teen mekaar te staan gekom in die tweede rondte van die rolbalbesigheidsliga.

Dinsdagaand was die span van Fitment Centre weer die beste op die baan nadat hulle met 23 – 8 met die span van Nashua Highveld afgereken het. Hulle loop ook steeds voor in die Dinsdaggroep met 50 punte met Powerstar wat tweede lê met 18 punte.

In Donderdagaand se groep loop die span van Pam Golding voor met 29 punte en spog ook met die grootste oorwinning vir die aand met 15 – 3 teen die Vos, Steyn & Labuschagne-span.

Ermelo Vleismark is tans tweede in dié groep met 24 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button