Local sportSport
Rugby League gaan groot op Ermelo
Rugbyliefhebbers gaan eerskomende Saterdag getrakteer word met skouspelagtige rugby wanneer die Tuffshield Rugby League-toernooi by de AJ Swanepoel-stadion plaasvind.
Rugbyliefhebbers gaan eerskomende Saterdag getrakteer word met skouspelagtige rugby wanneer die Tuffshield Rugby League-toernooi by de AJ Swanepoel-stadion plaasvind.
Die hoofwedstryd tussen die Tuffshield Panthers en Northern Bulls provinsiale spanne beloof om groot opwinding op te lewer en sal voorafgegaan word deur wedstryde tussen die North West Warthogs en ’n Panthers-uitnodigingsspan en die Eastern Eagles teen die SARL Presidents-uitnodigingspan.
’n Rugbykliniek vir laerskoolrugbyspelers, ’n motorfietsoptog deur die Big Five Harley Davidson-motorfietsklub, springkasteel vir die kinders, talle pryse wat gewen kan word en baie meer maak dit ’n dag wat beslis bygewoon moet word.
Die verrigtinge begin reeds om 09.00 en toegang is gratis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.