Local sportSport

Chrissiesmeer lewer goeie vangste

Die Visarend Hengeklub Ermelo het 10 en 11 Januarie ’n kompetisie in Chrissiesmeer gehou.

Die Visarend Hengeklub Ermelo het 10 en 11 Januarie ’n kompetisie in Chrissiesmeer gehou.

Die naweek het goeie vangste opgelewer en al die visse in dié bewaringsgebied is weer teruggeplaas.

255 Karps is gevang met ’n massa van 105,25 kg, die visse was aan die klein kant met die grootste vis wat 3,36 kg ingeweeg het.

Johan Stapelberg was eerste in die senior afdeling met 66 visse, tweede was Martin Smith met 44 visse en in die derde plek, Martinus Coetzee met 31 visse.

In die junior afdeling is die wenner Martin Smith met 6 visse en in die tweede plek, Johan de Jager met 3 visse.

Die volgende kompetisie vind op 14 Februarie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button