Ermeloërs presteer by FSK-byeenkoms
Ermelo Karate Academy het altesaam 21 medaljes ingepalm, agt goud, tien silwer en vyf brons.

Ermelo Karate Academy (EKA) het Saterdag aan die Graceland All Styles Challenge deelgeneem.
Die toernooi is deur die Federation of Shotokan Karate aangebied met tradisionele karate (Kata en Kumite) en skopboks.
In die karate-afdeling het die Ermeloërs goed gevaar en verskeie medaljes verower. Medaljewenners is Ruan Herbst (twee goud), Nathan Herbst (twee silwer), Lional Grobler (twee silwer), JP Venter (‘n silwer), Danielle Venter (een silwer en een goud), Cherise Veldman (een silwer en een goud), Jacolien de Beer (een silwer en een goud), Michael du Preez (‘n silwer), Arnold Neilon (een silwer en ‘n brons), Justin Raulstone (twee brons), Danie van den Heever (twee brons) en Marc le Roux (‘n silwer).
Hendrikus Visser het vir die eerste keer aan skopboks deelgeneem en ‘n silwer medalje in beide die ligtekontak- en semikontak-afdelings gewen.
In die karate-afdeling het Hendrikus goud in beide die Kata en die Kumite behaal.
EKA het altesaam 21 medaljes ingepalm, agt goud, tien silwer en vyf brons.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



