Die Ermelo Tomahawks Rugby League-span het onlangs hulle uitblinkers van die 2014/2015- seisoen tydens 'n geselligheid vereer vir hul goeie spel en getrouheid aan die klub. Die uitblinkers is (voor) Sindiswa Mbokane (veelsydigste speler), Tiaan Roslee (beste agterspeler en mooiste drie) en Wilhelm Burmeister (oudste speler). Agter staan JP Williamson (lojaalste speler), Bennette Burger (beste plettervat), Wentzel Sonnekus (speler van die jaar en beste verdediger) Wayne Burger (afrigter), Deo Botha (beste vordering) en André Mathews (beste voorspeler)