Mpumalanga-kleure vir Goju-Ryu karatekas
Al die Goju-Ryu karatekas en senseis het TSKKIA Mpumalanga-kleure verwerf.
Die Ermelo Goju-Ryu karatekas onder leiding van Senseis Wim Potgieter en Lional Grobler het die afgelope naweek aan die TSKKIA-kampioenskappe in Lydenburg deelgeneem.
Al die Goju-Ryu karatekas en senseis het TSKKIA Mpumalanga-kleure verwerf.
Die uitslae is soos volg: Nathan Herbst (Kumite: goud, Kata: silwer), Danielle Venter (Kata: goud, Kumite hoër divisie: brons), Markus Kruger (Kata: goud, Kumite: brons), Ruan Herbst (Kata: goud), Juan-Pierre Venter (Kata: goud), Sensei Lional Grobler (Kata: goud) en Sensei Wim Potgieter (Kata: silwer, Kumite: goud). Wim is ook aangewys as die wenner van die ope afdeling.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



