Local sportSport

Walter is kampioenruiter

’n Laerskoolruiter van Ermelo, Walter van der Walt, het presteer tydens die SA kampioenskap.

’n Laerskoolruiter van Ermelo, Walter van der Walt, het presteer tydens die SA kampioenskap.

Daar was sowat 3 000 perde by die byeenkoms wat van 1 tot 10 Oktober in Cullinan plaasgevind het.

Die Western Mounted Games het die eerste naweek plaasgevind en Walter is gekroon as SA kampioen in die Poles II- en Single Stake-klas.

In die Barrel Race, Figure 8 Stake en Speed Barrel is hy aangewys as die SA reserwekampioen.

Tydens die springvertoning wat die volgende naweek plaasgevind het, is hy as die SA reserwekampioen in die 80cm-springklasse aangewys.

Saam verteenwoordig hy en Anja van Huyssteen Mpumalanga in die interprovinsiale kompetisie en hulle is die nasionale kampioene.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button