Local sportSport

Chanté is kampioen van kampioene

Chanté het weggestap as Mpumalanga Junior Kampioen, 'n tweede plek in die Gros Geslote Kampioenskap en is ook as 2015 Mpumalanga Kampioen van Kampioene aangewys.

Ermelo se jong gholfstêr, Chanté Boonstra, het die afgelope naweek op Witrivier aan die Mpumalanga Ope asook die Mpumalanga geslote Gholfkampioenskappe deel geneem en deeglik rekenskap van haarself gegee.

Saterdag moes deelnemers ‘n ronde van 36 putjies speel en Sondag ‘n verdere 18 putjies aandurf.

Chanté, ’n gr 9 leerling van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het weggestap as Mpumalanga Junior Kampioen, ‘n tweede plek in die Gros Geslote Kampioenskap en is ook as 2015 Mpumalanga Kampioen van Kampioene aangewys.

Dié naweek neem sy deel aan die KZN Junior Gholfkampioenskapstoernooi op die Selborne Gholfbaan in Pennington.

Die toernooi word ook oor drie rondtes gespeel word waar 36 putjies Saterdag gespeel word en Sondag word 18 putjies gespeel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button