Talle boere het verlede Vrydag by die Ermelo Gholfbaan bymekaargekom en ‘n dag van “American Scramble”-gholfpret geniet.
Dit was die eerste boeregholfdag van sy soort.
Die idee is dat al die studiegroepe in Ermelo en omgewing jaarliks teen mekaar kan meeding.
G. Cloete en S. Cloete was die wenners van die “Scramble Drive” en die Ermelo-Oos Studiegroep was die groepwenner.
Die organiseerders bedank al die borge sonder wie die dag nie sou kon plaasvind vind nie.
CEVA Dieregesondheid-hoofborg. Vleissentraal , Virbac, Supaquick, T.W.K., F.N.B., BKB-Van Wyk Lewende hawe
Toyota, Rothman Delta, Kynoch, ABSA, Molatek, Afgri, Wurth, Sakisizwe, Wozani Berg Gasoline , Wildman.



