Local sportSport

Vroue spook sake uit in Ope Gholftoernooi

Alma Tonkin van Standerton Gholfklub is as die 2016 Ermelo Ope Vroue-kampioen gekroon.

‘n Twintigtal vrouegholf-spelers het verlede Donderdag sake uitgespook tydens Ermelo Gholfklub se Dames Ope Gholftoernooi.

Alma Tonkin van Standerton Gholfklub is as die 2016 Vroue Ope-kampioen gekroon met ‘n telling van 40 punte.
Christa Prinsloo van Bethal Gholfklub was die naaswenner op 37 punte.

Drie plaaslike spelers, Janice Swanepoel (36 punte), Allison Oosthuizen (34 punte op uittel) en Annecke Fourie (34 punte op uittel) het die volgende drie plekke ingeneem.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Tersia Kemp (vierde putjie), Alma Tonkin (sesde putjie), Yvonne Venter (14de putjie) en Annatjie Bruwer (16de putjie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button