Local sportSport

Ermelo te sterk vir Ferro’s

Met dié oorwinning het Ermelo Rugbyklub na die halfeindstryd van die liga deurgedring.

Ermelo Rugbyklub het verlede Vrydagaand teen die Ferrometals Rugbyklub te staan gekom en die wedstryd met 39 – 17 gewen. Die wedstryd is op Hoërskool Ermelo se veld gespeel.

Sean Duranty, Ermelo se sterk loskopstut, is as voorspeler van die wedstryd gekies en skrumskakel Arrie Pretorius was Ermelo se beste agterspeler.

Vir Ermelo het JD Earle (3), Kobus Basson, Rohan Stander en Divan Sonnekus drieë gedruk. Rohan Stander het drie drieë verdoel en een strafskop oorgeskop.

Met dié oorwinning het Ermelo Rugbyklub na die halfeindstryd van die liga deurgedring.

 

IMG_1521
Sean Duranty (met bal) is as Ermelo se voorspeler van die wedstryd gekies in die wedstryd teen Ferros. (Foto: Argief)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button