Local sportSport
Ermelo Rugbyklub deur na eindstryd
Die eind-wedstryde word Saterdag op Standerton gespeel.
Beide Ermelo Rugbyklub se eerste en tweede span het hul halfeindwedstryde Saterdag gewen en deurgedring na die onderskeie eindwedstryde in die liga.
Die tweede span het teen Sasol 3 kragte gemeet en met 27 – 20 geseëvier en kom môre (Saterdag) in die eindstryd teen Standerton se tweedes op Standerton te staan.
Ermelo se eerste span het Middelburg met 20 -10 geklop om hulle plek in die eindstryd teen Standerton te bespreek.
Die wedstryd word ook Saterdag op Standerton gespeel.
Sindiswa Mbokane het twee drieë gedruk en is as agterspeler van die wedstryd gekies. Kobus Basson het ook ‘n drie gedruk en is as voorspeler van die wedstryd aangewys.
Morné Barnett (doelskop) en Rohan Stander (strafdoel) het die res van Ermelo se punte behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.