Local sportSport

Fietsryers trap Durban toe

12 lede van Ermelo Fietsryklub het Donderdagoggend die langpad Pietermaritzburg toe te fiets aangedurf vir die jaarlikse Amashova-wedren.

12 lede van Ermelo Fietsryklub het Donderdagoggend die langpad Pietermaritzburg toe te fiets aangedurf vir die jaarlikse Amashova-wedren.

Ná ‘n oornagstop in Newcastle het die groep Saterdagoggend die res van hul roete voltooi.

Sondag het hulle aan die 105 km Amashova-wedren wat in Durban eindig deelgeneem.

Ricardo Broxham het die 0/16-afdeling gewen in 02:52.

Brendan Phillips, ook 0/16, het in die pak geëindig, een minuut stadiger as die wentyd.

Ermelo se veterane het ook uitstekend gery met Robert Cronjé (30-39) se tyd 02:42 en Hennie Broxham (40-49) wat die wedren in 02:57 voltooi het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button