Local sportSport

Stoeiers word beloon

Chris Venter was onder die toppresteerders en het met vier toekennings weggestap.

Ermelo Stoeieklub het Saterdag stoeiers vir hul prestasies die afgelope jaar beloon tydens die klub se jaarafsluiting en algemene jaarvergadering.

‘n Nuwe komitee is ook tydens die vergadering verkies.

Chris Venter was onder die toppresteerders en het met vier toekennings weggestap.
Hy het toekennings ontvang as mees wetenskaplike stoeier, beste prestasie vir 2016, beste junior stoeier en beste Grieks-Romeinse stoeier.

Vanjaar se pryswenners is:

Beste 0/8: Nico Brits; Beste 0/9: De Wet Luus; Beste 0/10: André Robertson; Beste 0/11: Jonathan van der Westhuizen; Beste 0/13: Marno Botha; Beste Beginner: Stiaan van den Heever; Moedigste Stoeier: Heinrich Marx; Beste vordering: Eugene Oosthuizen; Meeste Toernooi deelname: Marno Botha, Hubert Terblanche en Pieter van Aardt; Sportman van die jaar: Hubert Terblanche; Mees wetenskaplike stoeier: Chris Venter; Meriete stoeier: Marno Botha; Beste Puma: Roelof Smit; Beste prestasie: Chris Venter; Beste Junior: Chris Venter; Beste Grieks Romeins: Chris Venter; Vinnigste val: Jonathan van der Westhuizen; Toegewydste ouers: Nico en Elsie Brits; Afriger van die jaar: Hanno Jacobs; Beampte van die jaar: Johan van der Westhuizen.

IMG_7291 IMG_7292 IMG_7293 IMG_7294 IMG_7295 IMG_7296 IMG_7298 IMG_7299 IMG_7300 IMG_7301

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button