Local sportSport

Lizelle is ‘Speler van die Reeks’

Lizelle het altesaam 286 lopies in die vyf wedstryde gemoker met 'n gemiddelde lopietempo van 53,6 wat agt sesse en 39 viere insluit.

Lizelle Lee, ‘n oud-Liggie en staatmaker-kolwer van die SA Protea vrouekrieketspan, is die afgelope naweek aangewys as “Speler van die Reeks” nĂ¡ afloop van die eendagkrieketreeks teen Bangladesj.

Vyf wedstryde is in die reeks gespeel wat in die Sheikh Kamal Internasionale Stadion in Cox’s Bazaar, Bangladesj plaasgevind het.

Die Suid-Afrikaanse span het die reeks 4-1 gewen.

Lizelle het altesaam 286 lopies in die vyf wedstryde gemoker met ‘n gemiddelde lopietempo van 53,6 wat agt sesse en 39 viere insluit.

Die naasbeste was die kaptein, Mignon du Preez, wat 161 lopies oor die vyf wedstryde behaal het.

Lizelle se hoogste telling in die reeks was 87 wat sy in die eerste kragmeting op 12 Januarie behaal het.

Sy het reeds 43 eendagwedstryde (1 277 lopies) en 37 T20-wedstryde (729 lopies) vir die Proteas gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button