Jongeling wen Ermelo Ope
Ru-Juan het rondtes van 68 en 69 aangeteken vir 'n totaal van 137, sewe houe minder as baansyfer.
Die 2017 Ermelo Ope Gholftoernooi wat die afgelope naweek op Ermelo plaasgevind het, is gewen deur Ru-Juan Lessingh van Walker Park Gholfklub op Evander.
83 spelers het aan die wedstryd deelgeneem.
Stephen Morrison, ook van Walker Park Gholfklub, was tweede op 138 (70/68) en Thys Swart van Bethal Gholfklub was derde op 140 (70/70)
Die netto-afdeling is gewen deur Neels van Dyk op 139 houe, met James Nkonde in die tweede plek op 140 houe.
Ander pryse is toegeken aan Gary Daniel vir die beste oggendrondte (69) in die gros-afdeling en Jabulani Mabaso vir beste middaggrostelling (67).
Len Kleynhan het die beste netto-telling van die oggendrondte aangeteken (70) ná ‘n uittel en Derek Fick het die beste rondye (69) in die middag se netto-afdeling aangeteken.
Die spelers was dit eens dat die baan in ‘n uiters goeie toestand is ondanks die baie reën wat die afgelope tyd oor die gebied uitgesak het.


















