Mauritius wag op hulle
Die Mauritius-wenners sal dan voortgaan om aan die internasionale toernooi deel te neem.
Die Ermelo-streek van die Mercedes Trophy-gholftoernooi is Vrydag op die Ermelo Buiteklub se baan afgehandel.
Die wenners van die verskillende afdelings sal later vanjaar na Mauritius reis waar hulle aan die nasionale kompetisie sal deelneem.
Die Mauritius-wenners sal dan voortgaan om aan die internasionale toernooi deel te neem wat in Stuttgart in Duitsland gespeel word.
In Saterdag se A-afdeling het Stefan van Heerden met die wennersprys weggestap met ‘n telling van 39 punte.
Corné Klopper was in die tweede plek met 39 punte op ‘n uittel en André Steyn was derde met 38 punte op ‘n uittel.
Die wenner in die B-divisie was Werner Killian op 40 punte, met Attie Prinsloo in die tweede plek op 38 punte en Pierre Steyn in die derde plek op 35 punte.
Elandi Klopper het die mans uitgestof om die C-afdeling te wen met ‘n telling van 41 punte.
WA de Klerk was in die tweede plek op 41 punte op ‘n uittel en Richard Wass derde op 37 punte.
Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Stephen Engelbrecht (vierde gat) en Engela Greyling (14de gat).
Wikus Pretorius het die verste dryfhou in die mansafdeling geslaan en Engela Greyling het die verste dryfhou in die vroueafdeling geslaan.
Attie Prinsloo was ook naaste aan die tou.
In ander wedstryde wat die naweek gespeel is, het Ermelo se ligaspanne op hul tuisbaan daarin geslaag om twee wedstryde te wen en een gelykop-uitslag af te dwing.
Die Spring Chickens A-span het met vier punte elk teen Arnot gelykop gespeel, terwyl die Spring Chickens B-span Witbank met 6 – 2 geklop het.
Die “ouer garde”, die Coffin Dodgers, het met 4-2 teen Walker Park geseëvier.
Saterdag se tweebal-beterbal klub-wedstryd is gewen deur Maans Sandenbergh en Naudé Kleynhans met Enlin Neveling en Dirk Labuschagne in die tweede plek.
Collin Odendaal en Tobie Alexander het in die derde plek geëindig.
Eerskomende Saterdag word ‘n IPS-klubwedstryd gespeel en Sondag vind die Ermelo Gholfklub se mans en vroue Klubkampioenskappe plaas.



