Die Bowling Stones maak hul merk
Ná drie rondes wat reeds in die rolbalbesigheidsliga gespeel is, is dit duidelik dat die Bowling Stones in die Donderdag-groep op dié tydstip een van die gunstelinge is wat om die trofee meeding.

Ná drie rondes wat reeds in die rolbalbesigheidsliga gespeel is, is dit duidelik dat die Bowling Stones in die Donderdag-groep op dié tydstip een van die gunstelinge is wat om die trofee meeding.
In die groep wat Dinsdae speel, is die stryd taaier met die eerste vier spanne wat baie na aan mekaar op die telbord lê.
Die spanne wat Dinsdae speel, word gelei deur Vleissentraal met De Wit Motors in die tweede en Nashua Tegnies in die derde plek.
Hulle word gevolg deur die Underdogs, UD Trucks, Weegbrug, Nashua Admin, Bekker Brink & Brink, Rooimiere, Tasso’s, VBD Ermelo, Iveco, Sentraal Eiendomme en Scrapcore onder aan die lys.
Die Bowling Stones is bo aan Donderdae se punteleer gevolg deur Ball Busters en Ermelo Fire & Signs.
In die vierde plek is Ouma Rooi, gevolg deur Brakecore, Ligbron, Ermelo Vleismark, Hoëvelder, EBM, Value Africa, Major Steel, Protea Bande, Yolandi Skoonheid en Signs to See onder aan die lys.



