Local sportSport

Gholf sál hulle speel

Die dag se spel is in ’n twee-bal "hate your mate"-formaat gespeel hoewel geen haat op die gholfbaan te bespeur was nie.

’n Groot veld van 61 spelers het Saterdag se bibberweer trotseer om aan die jaarlikse NG Kerk Debruinpark-gholfdag deel te neem. Die dag se spel is in ’n twee-bal “hate your mate”-formaat gespeel hoewel geen haat op die gholfbaan te bespeur was nie.

Colin Odendaal en Niel Clifford het as wenners met die louere weggestap met Kobus Wentzel en M. Loubser in die tweede plek.

Jimmy Howard en Peter Weldon het die derde plek ingepalm met Tobie Alexander en Herman Matthee vierde en Kirk Brooks en Rudie Boonstra vyfde. Estiaan Smit en Gerhard “Oros” van der Walt was sesde.

Pryse is ook toegeken aan Tobie Alexander (naaste aan die pen op die sesde putjie), Pieter Steyn (naaste aan die kol op die 10de), Douw Grobler (naaste aan die kol op die 16de) en André Steyn (naaste aan die band op die 14de).
Bennie Kriel en A. Little het die prys ontvang vir die “langste dag”.

Gepantser teen die koue. Corné Basson eindig sy ronde gholf met ’n sethou tydens die NG Kerk Debruinpark-gholfdag wat Saterdag op die Ermelo-baan gespeel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button