Gholfspelers vier Lente by die Ermelo Gholf Lentefees
Die toernooiwenners was Danie Louw (82), Damian Morgan (77), Fred Els (76) en David Mashinini.

Die Ermelo Gholf Lentefees het die afgelope Vrydag en Saterdag op Ermelo se baan plaasgevind.
Vrydag, 1 September het 85 spelers ingeskryf.
Vrydag se wenner is Dankie Louw (43), tweede was Damian Morgan (41), derde Chris Landman (40), gevolg deur David Manshinini (40), Fred Els (40), Gerrie Oosthuizen (38), Pierre Steyn (37), Frikkie Pietersen (37) en Conrad Klopper (36).
Nick Scheepers met 10 punte het die langste dag gehad en Ruan Botha, Eddie Daniel, Kobus Wentzel en Estiaan Cilliers was naaste aan die pen.
Saterdag se spel het 93 spelers gelok.
JP Roux met 45 punte was eerste, Diekie Kruger (43) tweede, Danie Louw (39) derde, gevolg deur Willem van der Merwe (39), Enlin Neveling (38),
Luke Dreyer (38), Gert Oosthuizen (38), Janice Swanepoel (37) en Jimmy Howard (37).
Charl van Heerden met 10 punte het die langste dag gehad.
Naaste aan die pen was Marius de Kock, Wors Prinsloo, André Steyn en Leanté de Jager.
Patrizia Lombard was die vrou wat die langste dryfhou geslaan het en Niel Clifford die man met dié prestasie.
Die toernooiwenners was Danie Louw (82), Damian Morgan (77), Fred Els (76) en David Mashinini.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



