School sportSport

Erries behaal gemengde welslae teen Middelburg Hoërskool

Kookwater netbal- en rugby was aan die orde van die dag.

Hoërskool Ermelo het op Saterdag 5 Maart gasheer vir Hoërskool Middelburg gespeel.

Netbal- en rugbyspanne het mekaar die stryd aangesê en strawwe kompetisie het die Erries gemengde welslae sien behaal.

Rugby: 

(Gasheer se telling eerste)
Hardlooprugby en goeie vaardighede was duidelik te siene tussen die Erries- en Middies-spanne.
• Die o. 14A-span het die dag afgeskop met ’n spannende wedstryd wat in Middies se guns geswaai het. Die eindtelling was 7-10.
• Die o. 14B-span van Ermelo verloor 5-22.
• Middies se o. 15A’s gee die Erries ’n rugbyloesing met ’n wegholtelling van 7-75.
• Die o. 15B-span klop hul teenstanders 17-10.
• In ’n naelbytstryd is die Erries se o. 16A-span triomfantelik met ’n eindtelling van 13-12.
• Die o. 16B’s wys die Middies waar Dawid die wortels gegrawe het en wen 45-5.
• Erries se derde span vaar puik en behaal ’n gunstige uitslag van 21-0.
• In ’n uiters spannende wedstryd, met die eindtelling 13-12, behaal Erries se tweede span ’n naelskraapsege.
• Die Erries se eerste span kom ongelukkig die mas nie op nie en stap uit die stryd met ’n 0-31 nederlaag.

’n Erries-speler word deur sy Middelburg eweknie gelak. (Foto: Wayne van der Walt, Hoëvelder redakteur)
Netbal: 

(Gasheer se telling eerste)
• Die Erries se o. 14A-dogtersspan behaal ’n 8-6 oorwining.
• Erries se o. 14B-span verloor 0-13.
• Middies se o. 15A-span kraai koning met eindtelling 8-14.
• Die dogters van Hoërskool Ermelo se o. 15B’s verloor 4-15.
• Erries se o. 16A-span wen so hittete met ’n eindtelling van 11-10.
• Die Ermelo-dogters van die o. 16B-span swaai die septer 12-8 in hul kragmeting.
• Erries se tweede span verloor 6-20.
• Hartseer vir die eerste span van Hoërskool Ermelo, met ’n verpletterende nederlaag van 9-37.ERMELO – Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 5 Maart gasheer gespeel vir Hoërskool Middelburg waar netbal- en rugbyspanne mekaar die stryd aangesê het.

Twee netbalspelers bots in ‘n hewige kompetisie vir die bal (Foto: Wayne van der Walt, Hoëvelder redakteur)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button