Ligbron-atlete presteer by Mpumalanga-atletiekbyeenkoms
Nege van dié atlete, het na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deurgedring.
Atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 5 Maart aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskap in Secunda deelgeneem.
Nege van dié atlete, het na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deurgedring.

In die o. 19-afdeling het Harry Steenkamp en Dylan Prinsloo in diskus, Sias Jacobs in gewigstoot, Asanda Mabuza in die 4 x 200 m-aflos en Terry Jayaguru in die 4 x 400m-aflos deurgedring.
Anele Ngwenya het in die o. 17 vir hoogspring en 110 m-hekkies sy Mpumalanga-kleure verwerf en Brenda Kirsten vir die 4 x 100 m-aflosspan asook die 4×200 m-aflos.

Twee o. 15-atlete, Amu Thanjekwayo en Lwazi Sibanyoni, het in onderskeidelik die 100 m-hekkies en 4 x 400 m-aflos na die SA Kampioenskap deurgedring.



