Sport

Ermelo RC-klub ryg pryse in tydens Gauteng On-road RC Series

Sowat 100 inskrywings van drywers landswyd is ontvang.

Die Ermelo RC-klub het die afgelope aan die Gauteng On-road RC Series se tweede ronde deelgeneem en die klub se naam hoog gehou.

Volgens Wors Breytenbach, die klubvoorsitter, was die wedren een vir die boeke, met sowat 100 inskrywings van drywers landswyd.

Vier van Ermelo se klublede het aan die kompetisie deelgeneem.

Oros van der Walt van Ermelo RC-klub het ’n tweede plek ontvang. Foto | Ermelo RC-klub

Tydens die aandwedren van sowat twee uur het die span ’n derde plek ingepalm.

Op 31 Julie het die groot wedren begin en die manne van Ermelo was reg om hul plekke vol te staan.

Sien al die uitslae in die volgende Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button